Knoppiesdoring Knoppiesdoring Knoppiesdoring

GROENDORING

Vanaf 20L - 450L

Die groendoring is 'n tropiese spesie wat slegs in laagliggende tropiese bosveld voorkom op hoofsaaklik sand en granietgronde. (Kruger Wildtuin en verre Noord- Oos Natal Dit is 'n pratige bladwisselende boom wat meer as 20 meter hoog kan word met 'n kenmerkende stam wat diep gegroef en geplooi is. Die hout is baie duursaam en kwaliteit artifakte word daarvan gemaak. Die sade bevat 'n kwaliteit olie wat gebruik sou kon word om n fakkel mee te maak aangesien dit baie goed brand. Die groen vrug bevat 'n gif wat skadelik is vir slakke en visse en selfs die bilharzia slak kan doodmaak, wat as gasheer dien vir die bilharzia parasiet. Dit is egter onskadelik vir mense. (Dalk word daar nog eendag 'n medisyne daarvan gemaak wat bilharzia kan help beheer). Dit is 'n stadige groeier wat nie koue of ryp sal verdra nie, en ons sukkel om klein boompies hiervan te kweek of in die hande te kry.

As U enige navrae Het kontak ons hier.




kan nie die kode lees nie? kliek hier om te herlaai
  • Beskrywing

GROENDORING

Die groendoring is 'n tropiese spesie wat slegs in laagliggende tropiese bosveld voorkom op hoofsaaklik sand en granietgronde. (Kruger Wildtuin en verre Noord- Oos Natal Dit is 'n pratige bladwisselende boom wat meer as 20 meter hoog kan word met 'n kenmerkende stam wat diep gegroef en geplooi is. Die hout is baie duursaam en kwaliteit artifakte word daarvan gemaak. Die sade bevat 'n kwaliteit olie wat gebruik sou kon word om n fakkel mee te maak aangesien dit baie goed brand. Die groen vrug bevat 'n gif wat skadelik is vir slakke en visse en selfs die bilharzia slak kan doodmaak, wat as gasheer dien vir die bilharzia parasiet. Dit is egter onskadelik vir mense. (Dalk word daar nog eendag 'n medisyne daarvan gemaak wat bilharzia kan help beheer). Dit is 'n stadige groeier wat nie koue of ryp sal verdra nie, en ons sukkel om klein boompies hiervan te kweek of in die hande te kry.

  • 178
  • Boom
  • Groot
  • Geel
  • Sommer
  • Lok skoenlappers, Lok Soogdiere, Voëls, Voëls - Insekvreters, Voëls - nesmaakplek - Bome, Bonsai, Potplante, Immergroen, Nie-Aggressiewe wortels, Semi skaduwee, Waterwys.

    Jakes – Desember 12, 2016:

    Baie mooi boom


Lewer kommentaar

Voorgestelde Bome