GROOTNOEMNOEM GROOTNOEMNOEM

GROOTNOEMNOEM

Vanaf 5L - 50L

Die Grootnoem noem is ‘n immergroen boom of struik tot 5 m hoog, met ‘n baie vertakte ronderige kroon. Alle dele gee ‘n nie-giftige melksap af. Dit kom natuurlik voor vanaf Mosambiek tot in die Oos-Kaap. Dit groei nooit ver weg van die see nie en is 'n kusplant. Die blomme is pragtig en welriekend en sal heelwat insekte lok. Die vrugte kan smaaklik wees en word deur voëls sowel as die mens benut. Daar kan 'n baie lekker jellie van die vrugte gekook word. Die Grootnoemnoem kan as 'n ondeurdringbare heining geplant word. Dit het baie sterk Y vormige dorings wat enige onwelkome besoeker twee keer sal laat dink voordat hy daardeur sal probeer klim. Dit kan ook maklik gesnoei word. Dit kan suksesvol in enige kustuin aangeplant word aangesien dit sterk wind en soutsproei kan weerstaan. Dit kan in swak grond oorleef en is ook redelik droogtebestand. Juis daarom word dit sterk aanbeveel vir enige tuin. Dit is gevoelig vir ryp maar ek dink as mens 'n digte stand daarvan aanplant behoort dit die koue uit te hou en kan slegs die punte skroei. Kontak my gerus vir enige navrae of om 'n kwotasie aan te vra.

As U enige navrae Het kontak ons hier.

kan nie die kode lees nie? kliek hier om te herlaai
  • Beskrywing

  • 166
  • Boom
  • Groot
  • Room / Geel
  • Lengte
  • Lok skoenlappers, Lok Soogdiere, Voëls, Voëls - Insekvreters, Voëls - nesmaakplek - Bome, Bonsai, Aggressiewe wortels, Semi skaduwee, Waterwys.

    Jakes – Desember 12, 2016:

    Baie mooi boom

Lewer kommentaar

Voorgestelde Bome