HAAK-EN-STEEK HAAK-EN-STEEK HAAK-EN-STEEK

HAAK-EN-STEEK

Vanaf 5L - 500L

Beide die Afrikaanse sowel as die Engelse name is baie beskrywend van hierdie boom. Sien hom van ver af en hy is pragtig, maar, o wee,raak verstrengel in daai dorings en dis 'n prentjie van 'n ander kleur. Hierdie boom is een van die mees opvallendste bome in ons bosveld omgewing en kom wydverspreid voor vanaf ons bosveld tot verby die Serengeti in Noord-Afrika. Dit kan 'n hoogte van om en by 15 meter bereik maar kan hoer word in dele waar die habitat baie gunstig is. Dit is 'n aanduiding van soetveld. Wild en vee is gek oor die peule wat baie hoog in voedingswaarde is. Dit is 'n pionierspesie en vestig gewoonlik eerste nadat ou lande toegelaat word om na hul natuurlike toestand terug te keer. (Plant dus heelwat hiervan aan indien U veld wil help om vinnig te rehabiliteer). Groter bome is nogal redelik vuurbestand. Dit is 'n pragtige boom om te plant maar plant hom maar liefs eenkant aangesien ou dorings wat afval n probleem kan wees. (Kinders gaan skree!). Dit is 'n baie gewilde bonsai plant. Dit is bestand teen ryp en droogte en sal selfs in dele van die Wes en Sentraal Vrystaat groei. Die groeitempo is stadig tot middelmatig.

As U enige navrae Het kontak ons hier.

kan nie die kode lees nie? kliek hier om te herlaai
  • Beskrywing

  • 178
  • Boom
  • Groot
  • Geel
  • Sommer
  • Lok skoenlappers, Lok Soogdiere, Voëls, Voëls - Insekvreters, Voëls - nesmaakplek - Bome, Bonsai, Potplante, Immergroen, Nie-Aggressiewe wortels, Semi skaduwee, Waterwys.

    Jakes – Desember 12, 2016:

    Baie mooi boom

Lewer kommentaar

Voorgestelde Bome