Apiesdoring Apiesdoring

HARDEKOOL

Vanaf 5L - 500L

Die Hardekool het geen bekendstelling nodig nie. Dit is 'n imposante halfbladwisselende boom met pragtige gevormde takke, wat tot 20 meter hoog kan word. Dit kom natuurlik voor vanaf Tanzanië tot in Noord-Natal. Dit kom natuurlik langs waterlope en ook in oop laagliggende bosveld voor, dikwels op spoelgrond en turfgrond waar staande water pannetjies gevorm het. Dit word beskou as 'n aanduiding van goeie soetveldweiding. Die hout is besonders hard en swaar en is dus baie in die verlede vir heiningpale en meubels gebruik. Natuurlik is dit ook 'n besonderse goeie hout om mee te braai. Dit gee intense hitte af en dikwels kan mens nog die volende oggend op die kole braai. Die Hardekool is 'n besonderse mooi boom en behoort meer aangeplant te word aangesien die wortels nie aggressief is nie. Dit sal ongelukkig nie aard in areas wat ryp kry nie. Dit is 'n beskermde boom in Suid-Afrika. Kontak my gerus vir enige navrae oor beskikbaarheid/kwotasie.

As U enige navrae Het kontak ons hier.




kan nie die kode lees nie? kliek hier om te herlaai
  • Beskrywing

HARDEKOOL

Die Hardekool het geen bekendstelling nodig nie. Dit is 'n imposante halfbladwisselende boom met pragtige gevormde takke, wat tot 20 meter hoog kan word. Dit kom natuurlik voor vanaf Tanzanië tot in Noord-Natal. Dit kom natuurlik langs waterlope en ook in oop laagliggende bosveld voor, dikwels op spoelgrond en turfgrond waar staande water pannetjies gevorm het. Dit word beskou as 'n aanduiding van goeie soetveldweiding. Die hout is besonders hard en swaar en is dus baie in die verlede vir heiningpale en meubels gebruik. Natuurlik is dit ook 'n besonderse goeie hout om mee te braai. Dit gee intense hitte af en dikwels kan mens nog die volende oggend op die kole braai. Die Hardekool is 'n besonderse mooi boom en behoort meer aangeplant te word aangesien die wortels nie aggressief is nie. Dit sal ongelukkig nie aard in areas wat ryp kry nie. Dit is 'n beskermde boom in Suid-Afrika. Kontak my gerus vir enige navrae oor beskikbaarheid/kwotasie.

  • 166
  • Boom
  • Groot
  • Room / Geel
  • Lengte
  • Lok skoenlappers, Lok Soogdiere, Voëls, Voëls - Insekvreters, Voëls - nesmaakplek - Bome, Bonsai, Aggressiewe wortels, Semi skaduwee, Waterwys.

    Jakes – Desember 12, 2016:

    Baie mooi boom


Lewer kommentaar

Voorgestelde Bome