Vaderlandswilg Vaderlandswilg Vaderlandswilg

KOORSBOOM

Vanaf 5L - 500L

Die Koorsboom het geen bekendstelling nodig nie. Dit is 'n baie gewilde boom in Suid-Afrika agv sy pragtige geelgroen stam en vinnige groeitempo. Hy het sy naam gekry agv die Malariamuskiet wat ook in dieselfde omgewing as die boom voorkom. Mense het dus die boom met die koors vereenselwig. Dit is 'n bladwisselende tot halfbladwisselende boom en kan maklik meer as 25 meter hoog word. Dit kom natuurlik voor in laagliggende moerasagtige gebiede en vloedvlaktes in die verre Oostelike en Noordelike dele van ons land (Wildtuin en Noord-Oos Natal). Die Koorsboom laat genoeg sonlig deur om gras nog baie mooi onder dit te laat groei. Omdat die boom baie groot kan word kan die wortelstelsel dalk pla as dit te naby aan plaveisel geplant word. Pasop ook maar vir daai groot wit dorings! Die Koorsboom is maar gevoelig vir ryp en sal nie in Suidelike Gauteng groei nie. Beskerm jong bome vir n paar jaar teen ryp en jy sal beloon word deur n pragtige gesig later.

As U enige navrae Het kontak ons hier.




kan nie die kode lees nie? kliek hier om te herlaai
  • Beskrywing

KOORSBOOM

Die Koorsboom het geen bekendstelling nodig nie. Dit is 'n baie gewilde boom in Suid-Afrika agv sy pragtige geelgroen stam en vinnige groeitempo. Hy het sy naam gekry agv die Malariamuskiet wat ook in dieselfde omgewing as die boom voorkom. Mense het dus die boom met die koors vereenselwig. Dit is 'n bladwisselende tot halfbladwisselende boom en kan maklik meer as 25 meter hoog word. Dit kom natuurlik voor in laagliggende moerasagtige gebiede en vloedvlaktes in die verre Oostelike en Noordelike dele van ons land (Wildtuin en Noord-Oos Natal). Die Koorsboom laat genoeg sonlig deur om gras nog baie mooi onder dit te laat groei. Omdat die boom baie groot kan word kan die wortelstelsel dalk pla as dit te naby aan plaveisel geplant word. Pasop ook maar vir daai groot wit dorings! Die Koorsboom is maar gevoelig vir ryp en sal nie in Suidelike Gauteng groei nie. Beskerm jong bome vir n paar jaar teen ryp en jy sal beloon word deur n pragtige gesig later.

  • 536
  • Boom
  • Meduim
  • Wit / Geel
  • Sommer
  • Lok skoenlappers, Lok Soogdiere, Voëls, Voëls - Insekvreters, Voëls - nesmaakplek - Bome, Bonsai, Potplante, Immergroen, Nie-Aggressiewe wortels, Semi skaduwee, Waterwys.

    Jakes – Desember 12, 2016:

    Baie mooi boom


Lewer kommentaar

Voorgestelde Bome