KREMETART KREMETART KREMETART

KREMETART

Vanaf 5L - 500L

Onmiskenbaar Afrika. Pragtig en majestieus! Hierdie boom in sy volwasse vorm kan met geen ander boom verwar word nie. Hierdie bosreuse kan tot 25 meter hoog word en stamme se deursnee kan 10 meter wees. Daar word gese dat bome met 'n omtrek van 30 meter selfs 4000 jaar oud kan wees!! Dit kan glad nie ryp verdra nie en groei dus slegs in laagliggende droe Bosveldstreke in ons verre Noordelike bosveld (veral Noord van die Soutpansberge). Dit is 'n bladwisselende boom en die vrugte is eetbaar en bevat heelwat askorbiensuur. Die boom groei aanvanklik nie so stadig soos wat mens dink nie en kan in 20 jaar reeds n redelike hoogte bereik. Dit is egter die uitsit na die kante toe wat duisende jare kan neem. Die aanplant van hierdie boom sal dus beslis vir die nageslag se nageslag wees. Moet egter nie dat dit U afskrik nie. Die aanplant van 'n Kremetart is 'n opwindende gebeurtenis en sal enige persoon baie plesier verskaf. (Praat nou van n 4000 jaar oue nalatenskap!!). Dit kan natuurlik ook as 'n bonsai aangehou word wat pragtig vertoon. Ek hoef seker nie te noem dat die wortelstelsel nogal aggresief kan wees nie. Die Kremetart is uiters droogtebestand en moet min water kry. Dreinering moet baie goed wees. Anders vrot die wortels maklik.

As U enige navrae Het kontak ons hier.

kan nie die kode lees nie? kliek hier om te herlaai
  • Beskrywing

  • 536
  • Boom
  • Meduim
  • Wit / Geel
  • Sommer
  • Lok skoenlappers, Lok Soogdiere, Voëls, Voëls - Insekvreters, Voëls - nesmaakplek - Bome, Bonsai, Potplante, Immergroen, Nie-Aggressiewe wortels, Semi skaduwee, Waterwys.

    Jakes – Desember 12, 2016:

    Baie mooi boom

Lewer kommentaar

Voorgestelde Bome