MITSERIE MITSERIE MITSERIE

MITSERIE

Vanaf 20L - 450L

Die Mitserie is 'n halfbladwisselende tot bladwisselende boom waarvan die blare pragtig verkleur in die herfs/wintertyd. Dit kan tot so 18 meter hoog word met 'n betreklike lang kaal stam. Dit kom voor vanaf Noord-Afrika tot in die Oos-kaap maar hou altyd van water en groei dan ook dikwels in moerasagtige streke of langs strome. Dit kan as 'n pioniersspesie langs strome geplant word om te help om die habitat te verbeter vir ander spesies. Die blare word nie juis besonders deur wild benut nie maar die vrugte sal'n groot verskeidenheid voëls na die tuin toe lok. Voëlliefhebbers moet dus probeer om hiervan aan te plant. Die hout is termietbestand en ook baie gewild as meubelhout. Dit is 'n besonderse vinnige groeier. Die wortelstelsel is egter aggressief en mens moet dit dus in gedagte hou. Dit kan ligte ryp verdra maar sal maar beskerm moet word vir die 1e paar jaar. Dit hou van baie water.

As U enige navrae Het kontak ons hier.




kan nie die kode lees nie? kliek hier om te herlaai
  • Beskrywing

MITSERIE

Die Mitserie is 'n halfbladwisselende tot bladwisselende boom waarvan die blare pragtig verkleur in die herfs/wintertyd. Dit kan tot so 18 meter hoog word met 'n betreklike lang kaal stam. Dit kom voor vanaf Noord-Afrika tot in die Oos-kaap maar hou altyd van water en groei dan ook dikwels in moerasagtige streke of langs strome. Dit kan as 'n pioniersspesie langs strome geplant word om te help om die habitat te verbeter vir ander spesies. Die blare word nie juis besonders deur wild benut nie maar die vrugte sal'n groot verskeidenheid voëls na die tuin toe lok. Voëlliefhebbers moet dus probeer om hiervan aan te plant. Die hout is termietbestand en ook baie gewild as meubelhout. Dit is 'n besonderse vinnige groeier. Die wortelstelsel is egter aggressief en mens moet dit dus in gedagte hou. Dit kan ligte ryp verdra maar sal maar beskerm moet word vir die 1e paar jaar. Dit hou van baie water.

  • 28
  • Boom
  • Groot
  • Oranje
  • Winter
  • Lok skoenlappers, Lok Soogdiere, Voëls, Voëls - Insekvreters, Voëls - nesmaakplek - Bome, Bonsai, Potplante, Altyd Groen, Nie-Aggressiewe wortels, Semi skaduwee, Waterwys.

    Jakes – Desember 12, 2016:

    Baie mooi boom


Lewer kommentaar

Voorgestelde Bome