MOPANI MOPANI MOPANI

MOPANI

Vanaf 5L - 500L

Die Mopanieboom is 'n halfbladwisselende boom wat nie meer as 18 meter hoog in Suid-Afrika sal word nie.Dit kom voor vanaf Malawi in die Noorde deur Zambië en die Caprivi strook tot in die verre Noordelike dele van Limpopo en die Kruger wildtuin. Dit is 'n aanduiding van vlak alkaliese grond. Wild en vee vreet graag die blare en in die verre Noordelike bosveld het Mopaniebome al vele wild en vee ''deurgetrek'' in droogte jare. Natuurlik het die Mopaniewurm wat op die Mopanieboom leef, geen bekendstelling nodig nie! Dit word wyd deur plaaslike inwoners benut. Die hout is uiters hard en is gesog as heiningpale, bouwerk en ook brandhout. Die blare sal 'n treffende rooi,bruin en oranje skouspel gee in die winter. Hierdie kenmerk maak dit 'n baie interessante en aantreklike boom om aan te plant. Dit sal beslis aandag trek. Dit is 'n stadige groeier en sal ook waarskynlik moeilik bekombaar wees in die kwekerybedryf. Ongelukkig is dit nie rypbestand nie en dus net geskik vir warm areas wat nie ryp kry nie. Kontak my gerus vir meer inligting of om te verneem na beskikbaarheid en prys.

As U enige navrae Het kontak ons hier.

kan nie die kode lees nie? kliek hier om te herlaai
  • Beskrywing

  • 198
  • Boom
  • Groot
  • Geel
  • Sommer
  • Lok skoenlappers, Lok Soogdiere, Voëls, Voëls - Insekvreters, Voëls - nesmaakplek - Bome, Bonsai, Potplante, Immergroen, Nie-Aggressiewe wortels, Semi skaduwee, Waterwys.

    Jakes – Desember 12, 2016:

    Baie mooi boom

Lewer kommentaar

Voorgestelde Bome