Knoppiesdoring Knoppiesdoring Knoppiesdoring

SALIEHOUT

Vanaf 5L - 500L

Die Saliehout is 'n halfbladwisselende tot immergroen struikagtige plant wat tot so 7 meter hoog kan word. Dit kom voor vanaf Tanzanië in die Noorde tot die Wes-Kaap in die suide. Dit is 'n uiters geharde plant wat droogte en ryp kan weerstaan. Dit groei egter tog meestal langs waterlope. Dit kan baie goed gebruik word om grond te stabiliseer en erosie te bekamp en sal baie goed doen langs damme of strome en selfs plekke wat van tyd tot tyd oorstroom word. Die Saliehout is baie gewild by insekte en sal dus ook heelwat voëls lok. 'n Hele aantal soort skoenlappers benut hierdie plant gereeld. Dit kan baie suksesvol as 'n heiningplant aangeplant word en reageer goed op snoei om nuwe lote te maak wat gou sal blom. Die wortelstelsel word aangedui as aggressief maar ek glo nie dat dit so 'n geweldige probleem sal wees nie.

As U enige navrae Het kontak ons hier.




kan nie die kode lees nie? kliek hier om te herlaai
  • Beskrywing

Knoppiesdoring

Die Knoppiesdoring is n pragtige bladwisselende Bosveldboom wat tussen 20 en 30 meter hoog kan word met n oop spreiende kroon. Dit kom natuurlik voor in laagliggende Bosveld met kleierige grond. Dit is n aanduiding van soetveld. Dit word baie goed deur wild benut en veral Kameelperde is baie lief daarvoor. Hierdie boom sal beslis n Bosveldgevoel aan enige tuin verleen en sal pragtig saam met Swartapiesdoringbome vertoon. Dit sal beslis ''iets anders'' wees om te plant. Die wortelstelsel is nie aggressief nie. Dit is 'n middelmatige groeier. Ongelukkig is dit gevoelig vir ryp. Beskerm dus jonger bome vir n ruk. Vat gerus 'n kans om van hulle te plant. Die uiteinde sal iets besonders wees.

  • 178
  • Boom
  • Groot
  • Geel
  • Sommer
  • Lok skoenlappers, Lok Soogdiere, Voëls, Voëls - Insekvreters, Voëls - nesmaakplek - Bome, Bonsai, Potplante, Immergroen, Nie-Aggressiewe wortels, Semi skaduwee, Waterwys.

    Jakes – Desember 12, 2016:

    Baie mooi boom


Lewer kommentaar

Voorgestelde Bome