VANWYKSHOUT

Vanaf 5L - 500L

Die Vanwykshout het geen bekendstelling nodig nie. Dit is 'n treffende gesig in die lente wanneer dit pers in die blom staan! Dit is ons inheemse antwoord op die Jakkaranda en behoort beslis meer aangeplant te word. Dit kom natuurlik voor vanaf Zimbabwe Suidwaarts deur Limpopo tot in Noord-Oos Natal. Dit kan so 18 meter hoog word en die wortelstelsel sal nie skade aanrig nie. Dit is 'n bladwisselende boom maar is slegs vir 'n baie kort rukkie sonder blare voordat dit nuwe blare uitstoot in die lente. Ek vind dat hy nogal verbasend baie koue en rypbestand is maar nog steeds nie verder Suid as sentraal Gauteng aangeplant behoort te word nie. As jy in Pretoria is gedurende die lente moet jy beslis gaan kyk hoe lyk massas van hierdie bome in blom by die botaniese tuin. Dit is 'n vinnige groeier as hy eers uitgeplant is.

As U enige navrae Het kontak ons hier.




kan nie die kode lees nie? kliek hier om te herlaai
  • Beskrywing

VANWYKSHOUT

Die Vanwykshout het geen bekendstelling nodig nie. Dit is 'n treffende gesig in die lente wanneer dit pers in die blom staan! Dit is ons inheemse antwoord op die Jakkaranda en behoort beslis meer aangeplant te word. Dit kom natuurlik voor vanaf Zimbabwe Suidwaarts deur Limpopo tot in Noord-Oos Natal. Dit kan so 18 meter hoog word en die wortelstelsel sal nie skade aanrig nie. Dit is 'n bladwisselende boom maar is slegs vir 'n baie kort rukkie sonder blare voordat dit nuwe blare uitstoot in die lente. Ek vind dat hy nogal verbasend baie koue en rypbestand is maar nog steeds nie verder Suid as sentraal Gauteng aangeplant behoort te word nie. As jy in Pretoria is gedurende die lente moet jy beslis gaan kyk hoe lyk massas van hierdie bome in blom by die botaniese tuin. Dit is 'n vinnige groeier as hy eers uitgeplant is.

  • Boom Meduim - onder 1100cm, 'n boom.
  • Hout nuttig vir meubels / instrumente, tradisionele huishouding, tradisionele medisyne, lok voĆ«ls.
  • Vlesige vrugte / Saad, eetbaar.
  • Wit / Room / baie bleek.
  • Somer (November-Februarie)
  • Immergroen

    Jakes – Desember 12, 2016:

    Baie mooi boom


Lewer kommentaar

Voorgestelde Bome