WILDESERING WILDESERING

WILDESERING

Vanaf 20L - 450L

Die Wildesering het geen bekendstelling nodig nie. Dit is 'n pragtig gevormde bladwisselende boom met 'n kenmerkende plat of ronderige vorm. Dit kom wydverspreid in ons Noordwestelike bosveld dele voor asook in Zimbabwe, Botswana en die Noorde van Namibië en kan 'n hoogte van so 15 meter bereik. Dit verkies diep sanderige grond. Dit word nie eintlik deur wild benut nie maar mens sou dit graag wou plant vir die pragtige vorm. Dit het 'n eetbare gom en is die gasheer van 'n eetbare sprinkaan. Dit groei besonders stadig en dit wil ook glad nie in 'n sak groei nie. U gaan dus sukkel om jong boompies in die hande te kry. 'n 40 liter boompie gaan waarskynlik maar minder as 'n halwe meter wees en dan gaan hy ook nogal duur wees. Die Wildesering moet dus maar in die natuur bewonder word en liefs nie afgekap word nie. Dit is redelik bestand teen koue en groei meestal in die oorgangsfase van bosveld na hoëveld.

As U enige navrae Het kontak ons hier.




kan nie die kode lees nie? kliek hier om te herlaai
  • Beskrywing

WILDESERING

Die Wildesering het geen bekendstelling nodig nie. Dit is 'n pragtig gevormde bladwisselende boom met 'n kenmerkende plat of ronderige vorm. Dit kom wydverspreid in ons Noordwestelike bosveld dele voor asook in Zimbabwe, Botswana en die Noorde van Namibië en kan 'n hoogte van so 15 meter bereik. Dit verkies diep sanderige grond. Dit word nie eintlik deur wild benut nie maar mens sou dit graag wou plant vir die pragtige vorm. Dit het 'n eetbare gom en is die gasheer van 'n eetbare sprinkaan. Dit groei besonders stadig en dit wil ook glad nie in 'n sak groei nie. U gaan dus sukkel om jong boompies in die hande te kry. 'n 40 liter boompie gaan waarskynlik maar minder as 'n halwe meter wees en dan gaan hy ook nogal duur wees. Die Wildesering moet dus maar in die natuur bewonder word en liefs nie afgekap word nie. Dit is redelik bestand teen koue en groei meestal in die oorgangsfase van bosveld na hoëveld.

  • 166
  • Boom
  • Groot
  • Room / Geel
  • Lengte
  • Lok skoenlappers, Lok Soogdiere, Voëls, Voëls - Insekvreters, Voëls - nesmaakplek - Bome, Bonsai, Aggressiewe wortels, Semi skaduwee, Waterwys.

    Jakes – Desember 12, 2016:

    Baie mooi boom


Lewer kommentaar

Voorgestelde Bome