Apiesdoring Apiesdoring

WITGAT

Vanaf 20L - 450L

Hierdie kenmerkende immergroen boom kan so rondom 6 meter hoog word. Dit is 'n besonderse waardevolle voerboom in die dorre Noord-Westelike bosveldstreke met 'n baie hoë ruproteïn inhoud wat tot diep in droogtetye nog blare kan aanhê. Dit kom wydverspreid voor in die droë bosveldstreke deur Namibië, Botswana en die Noord-Kaap. Die wortels kan gedroog en gemaal word om as 'n soort plaasvervanger vir koffie te dien. Ek dink mens sou dit wou plant agv die besonderse karakter wat dit het. Bome in die veld is reeds honderde jare oud en moet met respek behandel word. (As hierdie bome maar kon praat!!). Dit behoort 'n uitsonderlike bonsai te maak. Dit groei baie stadig en wil glad nie in 'n sak of houer groot word nie. Dit moet dus so gou as moontlik uitgeplant word. Daar kom ook 'n ander soort voor wat die Stinkwitgat genoem word (Boscia foetida subsp. Rehmanniana). Dit bly 'n uitdaging vir ons in die kwekerybedryf om hierdie boompies groot genoeg te kry om te verkoop. Dit is dus nie 'n algemeen verkrygbare plant nie.

kan nie die kode lees nie? kliek hier om te herlaai

  • WITGAT

Apiesdoring

  • 166
  • Boom
  • Groot
  • Room / Geel
  • Lengte
  • Lok skoenlappers, Lok Soogdiere, Voëls, Voëls - Insekvreters, Voëls - nesmaakplek - Bome, Bonsai, Aggressiewe wortels, Semi skaduwee, Waterwys.

    Jakes – Desember 12, 2016:

    Baie mooi boom

Lewer kommentaar

Voorgestelde Bome