Vanaf 20L - 450L
Die boomaalwyn is beslis een van ons mees treffendste aksentplante en het geen bekendstelling nodig nie. Dit is eintlik 'n subtropiese woudplant wat in die Suid- Oostelike kuswoudgebiede en binneland van ons land voorkom tot selfs in die Suide van die Wildtuin. Dit is dus eintlik 'n woudplant wat baie goed op water sal reageer maar tog sanderige grond met goeie dreinering verkies. Dit kan nogal reusagtig word (selfs 20m) en die stam kan baie dik word. Pasop om dit te naby aan 'n muur te plant. Die wortels kan dalk probleme gee. Dit kan baie vinnig groei in ideale omstandighede. Dit sal ook pragtig lyk in n groot pot!

Jakes – Desember 12, 2016:
Baie mooi boom