Vanaf 5L - 20L
Die Bosbeesklou is 'n klein halfbladwisselende boompie tot so 5 meter hoog met pragtige klein geel blommetjies. Dit kom natuurlik voor in 'n area naby Sekukuniland en dan aan die Ooskus van Natal. Dit kan as 'n heining of skermplant geplant word. Die wortelstelsel sal nie skade aanrig nie. Die blare kan blousuurvergiftiging by diere veroorsaak. Dit is 'n vinnige groeier en sal 'n mate van koue kan trotseer. Snoei goed terug na rypskade om nuwe groei te stimuleer.

Jakes – Desember 12, 2016:
Baie mooi boom