Vanaf 5L - 50L
Die Bosvaalbos is 'n immergroen dikwels struikagtige boom wat in die omgewing van 10 meter hoog kan word (hoër in woud). Verskeie Brachylaena spesies kom in Suider Afrika voor vanaf Mosambiek deur ons bosveld tot in die Oos-Kaap. Hulle kan maklik met mekaar verwar word. Die blomme sal heelwat insekte lok maar die blare sal nie eintlik deur wild benut word nie. Dit kan suksesvol gebruik word om grond te bind om erosie tee te werk. Ek dink die Bosvaalbos sal uitstekend werk as n heining/skerm om onooglike strukture te verbloem of nuuskierige oë uit te hou. Dit groei baie vinnig en is redelik droogte en rypbestand. Dit verkies humusryke sandgrond.

Jakes – Desember 12, 2016:
Baie mooi boom